Lelanie

Situla is diep in my hart. Ek praat met die grootste lof en prys. Julle het baie bygedra tot my kind. My kind het gestraal in Situla en jy weet dit net wanneer jy weens omstandighede by ‘n ander skool aanklop. Julle het sulke wonderlike werk gedoen. Julle is seker die grootste ‘blessing’ wat met my kind kon gebeur het. Die swaarkry wat my kind nou ondervind laat my net weer waardeer wat ons in Situla gehad het. Meer as ooit besef ek julle waarde en liefde. Baie dankie vir die goue jare wat my kind by julle was, julle is regtig ‘n stukkie diamant.